'N PLAN MET VLERKE
Nuwe Kaapse Wynlande-lughawe kan ‘Lanseria van Kaapstad’ word
Die kleinseun van die Anglovaal-stigter wil ’n nuwe lughawe in die middel van die wynlande-omgewing noordoos van Durbanville in Kaapstad bou. Rob Hersov en sy vennoot Nick Ferguson het gróót planne, skryf ADELE SHEVEL.

Deel
ROB HERSOV, een van die twee topbreine agter die nuwe Kaapse Wynlande-lughawe, het reeds ’n hoop navrae oor ruimte in die vliegtuigloods gekry op wat baie mense hoop die Lanseria van Kaapstad gaan word.
Die plan, het hy vir Financial Mail gesê, is om ’n florerende kommersiële lughawe in die middel van die wynlande-toeristegebied noordoos van Durbanville te skep.
Hersov begin op ’n beskeie vlak, deur voorsiening te maak vir vliegentoesiaste, privaat vliegtuie, huurvlugte, helikopters en hommeltuie. Maar die vlerke gaan uitgeslaan word om mettertyd ook kommersiële lugvaart en geskeduleerde binnelandse vlugte met kleiner vliegtuie in te sluit. Die doel is om uiteindelik Kaapstad Internasionale Lughawe te ondersteun deur groter vliegtuie op binnelandse, streek- en selfs internasionale roetes te hanteer...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel