Toe die nuusdienste en sosiale media in April stil raak saam met die tierende wind wat vlamme van Kaapstad se Duiwelspiek dwarsdeur geboue van die Universiteit van Kaapstad (UK) gejaag het, is die Juliet Crew stil-stil huis toe. Of so het hulle gedink. Want toe begin die versoeke vir onderhoude met dié span vrouebrandbestryders instroom. Nou word daar selfs ’n dokumentêre fliek gemaak.
“Al die kameras en vrae van die media was nogal uitputtend; ek gaan nie jok nie. Almal wil iets van ons hê, en ons moet dit vir hulle gee want ons wil ons storie vertel,” vertel Tarren January (26) van Bonteheuwel.
Sy is een van ’n dosyn Kaapse vroue, amper almal uit townships, wat die Juliet Crew beman (by gebrek aan ’n beter woord!). Suid-Afrika se heel eerste brandweer-eenheid met slegs vrouelede is in 2019 deur die konsultantegroep NCC Environmental Services gestig...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.