Sunny skies en identiteitsvrae

ROOINEK-ROCKERS

Sunny skies en identiteitsvrae

ANDRIES BEZUIDENHOUT skryf 'n ode aan ‘wit’ Engelse Suid-Afrikaanse musiek, 'n genre wat gedurig in spanning tussen inheems en internasionaal verkeer.

EK het in dieselfde straat as Duncan Faure grootgeword. Ek het hom nooit persoonlik ontmoet nie, maar die plaaslike volkslegende was dat die Afrikaanse skoolseuns hom in die straat afgeknou het as hy die bus Pretoria Boys High toe gevang het met: “Rooinek, rooinek!”

Hy was uiteindelik 'n lid van een van Suid-Afrika se eerste suksesvolle pop bands, 'n groep genaamd Rabbitt. Ek onthou hoe 'n parfuum na hul treffer “Charlie” genoem is – dit is op TV as 'n advertensie jingle gebruik. Soos soveel ander suksesvolle Engelssprekende Suid-Afrikaanse musikante is Faure egter later landuit. Hy woon nou in Kalifornië, waar hy steeds 'n suksesvolle loopbaan as musikant het; hy het musiek vir onder andere Elton John en Madonna geskryf.

In 'n sekere sin kan ’n mens seker sê hy’t dit gemaak. Suid-Afrika was te klein vir die tipe musiek waarin hy belanggestel het en mee goed is. 'n Hele paar ander Suid-Afrikaanse musikante is ook landuit om die groter Engelse wêreld te betree, 'n opsie wat natuurlik nie beskikbaar is as jy musiek primêr in Afrikaans of ander inheemse Suid-Afrikaanse tale maak nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.