FRAAIE BLOEMEN
Blomkoors in die tyd van pandemie
Hoekom skilder kunstenaars deesdae so baie blomme en plante, en wat maak die tema so gewild onder kunsversamelaars? Ly almal aan blomkoors sedert die pandemie of gaan ’n mens op dieper wortels afkom as jy begin grawe? DEBBIE LOOTS het gaan uitvind.
FRAAIE BLOEMEN
Blomkoors in die tyd van pandemie
Hoekom skilder kunstenaars deesdae so baie blomme en plante, en wat maak die tema so gewild onder kunsversamelaars? Ly almal aan blomkoors sedert die pandemie of gaan ’n mens op dieper wortels afkom as jy begin grawe? DEBBIE LOOTS het gaan uitvind.
Deel
OF dit nou aan ’n Vrystaatse kombuistafel is, in ’n houthuis op die Franse platteland of by die Cité Internationale des Arts in Parys, Frankryk, kunstenaars skilder blomme en plante vir die vale. As dit nie realistiese stillewes is nie, is dit eenvoudige landelike tonele of abstrakte uitbeeldings van allerhande kleurryke rangskikkings. Doodgewone huisplante in terracottapotte – binnenshuis en op die stoep – is ook ingesluit.
Op Instagram blom dit op amper elke kunstenaar wat ek volg se blad, en van hulle het nog nooit voorheen ’n kwas aan ’n blaar gesit nie, wat nog te sê ’n blom – so ja, dis ’n ding.
En dit is so dat die voortslepende pandemie ’n mens swartgallig stem, maar is dít die rede vir die blomontploffing? Of wil kunstenaars bloot ons oeroue konneksie met Moeder Natuur herbevestig met hul fokus op botaniese temas?..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel