WAT KYK JY: Die bose hanswors en die drag queens is terug!

MAAK JOU TUIS VOOR DIE TV

WAT KYK JY: Die bose hanswors en die drag queens is terug!

Hierdie week kyk ons na die reünie van diegene wat 27 jaar terug deur Pennywise the Clown geterroriseer is en 'n seun wat nie rêrig lus is dat sy oupa sy kamer oorvat nie, ons soek 'n nuwe drag-superster, en fokus op die reeksmoordenaar Ted Bundy se slagoffers. Saamgestel deur HANLIE GOUWS.

The War with Grandpa

Die Sondagaand-fliek op M-Net is so Suid-Afrikaans soos braaivleis, rugby en bakkies. Hierdie week is Robert de Niro, wat op sy oudag al hoe meer dikwels die snaakse oupa speel, die ster van die aand wanneer hy in sy kleinseun Peter se kamer intrek. Oupa en Peter was altyd vreeslik geheg aan mekaar, maar Peter is liewer vir sy kamer as vir sy oupa. Hy roep sy vriende in om 'n klomp poetse te bak om sy oupa uit te kry, maar oupa gee nie so maklik op nie. Dis oorlog! En dis net die regte ding om 'n mens te laat ontsnap aan die werklikheid.

Waar jy dit kan kyk: M-Net..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.