Die lewe in ’n aftreeoord

VAN MELVILLE TOT MOSTERTSDRIFT

Die lewe in ’n aftreeoord

Toe sy ouers moes oppak en aftreeoord toe trek, het HANNES LOUBSER twee maande by hulle in Stellenbosch gaan bly om hand by te sit. Hy vertel van sy ma – ‘die mees sosiale atleet’, 'n worrier en 'n warrior – en sy pa, wat op 'n manier ‘sagter, stiller, sensitiewer’ is nadat Alzheimer se siekte by hom gediagnoseer is. ‘Ons lees mekaar seker steeds soos toe boeke, maar ten minste weet ons dalk nou dat daar twéé boeke is.’

OFSKOON 2021 in 2020 se stadige Stokies blyk aan te skuifel, was dit ’n bedrywige tyd vir my ouers wat moes oppak en trek. Dit was die aangewese ding om te doen en vir maande reeds duidelik die mees sinvolle skuif om te maak.

Almal het op hulle manier hul rolle met mening gespeel met arms vol bokse en bravade en betoë, op en af van die treklorrie af. Ma het getrou en met die kenmerkende langasem van ’n drawwer wat jaarliks by hul klub se prysuitdeling aangewys is as die “mees sosiale atleet”, tee en avo-toast aangedra. Sy het net aanhou sê: “Kom, manne, kom – ons is amper daar!”

Pa was vir die eerste keer in sy lewe vreemd stil ’n toeskouer, amper onbetrokke en onbeholpe op die agtergrond. Alzheimer se siekte is middel verlede jaar by hom gediagnoseer; dus wentel al die beste kaarte wat nou gespeel word nie net om sy welstand nie, maar ook oor wat vir almal met die verloop van tyd hopelik die beste en maklikste en binne ’n redelike begroting sal uitwerk...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X