Band een, kant een
Darlinkie! Gisteraand was vir my so mooi ek het vir jou ’n gedig geskryf. Maar ek gaan dit nie vir jou lees as jy my nie terugbel nie. Bel tog, my muchacho’tjie! Die Here weet, dis alleen hier . En hier is nie eens iets om te drink me. Oukei. Bel my. So long. As jy my nie gou bel nie, skryf ek sommer nog ’n gedig. Oukei. (Sug) So long. Jani Allan. (Sug) (Sug) (Sug) Bel my of ek (vloekwoord uitgehaal) en (vloekwoord uitgehaal) tot jy (obsene verwysing uitgehaal). Oukei? (Sug) Dis jou gedig, bokkie, net joune. Oukei? (Sug) Hoekom wil jy dit nie hoor nie? Dink jy miskien Afrikaans is ’n (vloekwoord uitgehaal) taal, of wat? Here, bel my tog. Dis so alleen hier. En die (drie vloekwoorde uitgehaal) van Aquila het al my brandewyn uitgesuip. Die (twee vloekwoorde uitgehaal), (Sug) Oukei? Oukei. (Onhoorbaar) (Sug) (Onhoorbaar) Oukei. Oukei. So long. Bel my, die gedig is vir jou. Ek wil dit vir jou lees. Niemand het nog ooit so iets moois vir jou geskryf nie. Die (godslastering uitgehaal) weet. (Sug) Dis so alleen hier. (Sug) Oukei, muchacho.So long. Oukei? Los my maar laat ek vrek hier. Ek·beteken mos (vloekwoord uitgehaal) vir niemand.(Sug) Hoekom? (Onhoorbaar) Hoekom? (Sug) Almal wil mos hê ek moet in my (vloekwoord uitgehaal) vlieg. En as ek dit doen, sal jy die eerste een wees wat huil, Oukei? Hoekom wil jy nie my gedig hoor nie? Hoekom? (Sug) So long, Jani Allan. Jy sal nog kruip en (obseniteit uitgehaal) agter my (obseniteit uitgehaal) aan.(Onhoorbaar) (Sug) Bel my. Oukei? Oukei. Dan lees ek vir jou. My darlinkie. My (vloekwoord uitgehaal).(Onhoorbaar) So long. Oukei? (Sug)
(Einde van boodskap)..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Jesse Duarte: die aide agter die troon