Op pad na nêrens in ’n groot, geel bus

NUWE NOMADES

Op pad na nêrens in ’n groot, geel bus

Nie almal sal dink ’n bus is ’n beter opsie as ’n huis vir ’n gesin met vier karsiek kinders van wie die jongstes ’n tweeling van skaars twee is nie. Maar ná maande van inperking het die Van In-gesin van Alberton besluit om die langpad te vat. In ’n dubbeldekkerbus. En, sê die Van Ins aan DANIËLLA VAN HEERDEN, hulle het geen plan om binnekort te stop nie.

  • 21 Julie 2021
  • Mense & Kultuur
  • 8 min om te lees
  • artikel 5 van 7
  • Daniëlla van Heerden

DIT was tydens haar kraamverlof dat Sonja van Niekerk van In (35) besluit het sy wil in ’n bus gaan woon. Wanneer hul pasgebore tweeling lê en slaap het, het sy Netflix gekyk. Eendag ontdek sy die programme Tiny Home Nation (waar mense piepklein ruimtes in woonplekke omskep) en Expedition Happiness (waar ’n egpaar deur Noord-Amerika reis in ’n ou bus).

'n Wilde idee het in haar kop posgevat.

Daardie aand het sy haar man, Rheinholdt (38), ingewag. Soos sy is hy 'n onderwyser. Rheinholdt het skaars by die voordeur ingestap ná 'n lang dag in die klaskamer toe sy haar plan aan hom voorlê...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.