Stadige verandering eensklaps verstaan

SKRYFHUIS, DINKDORP

Stadige verandering eensklaps verstaan

Elders in die land brand mense fabrieke en winkelsentrums af, dra yskaste, bioskoopgrootte-televisieskerms en blikkieskos weg. Maar op 'n stil wintersoggend in Somerset-Oos voel dit soms asof die tyd stilstaan, skryf ANDRIES BEZUIDENHOUT.

HIER in dié Oos-Kaapse dorpie is daar geen teken van onluste of brande nie. Ek en vyf ander skrywers woon vir 'n maand in die Jakes Gerwel-stigting se Paulet-huis om aan gedigte, kortverhale of romans te werk.

Die huis waarin ons tydelik woon, staan al amper twee eeue lank hier. Dis vreemd om so aan hierdie vertrekke te dink, dat mense al vir só lank hier op en af beweeg, op hierdie einste vloerplanke rondloop. Ek wonder oor vorige inwoners en oor al die skrywers wat al hier was. 'n Hele paar romans en digbundels is al hier geskryf en die digter Ryan Pedro se debuutbundel is juis pas weer met nóg 'n literêre prys bekroon.

Verlede week is dié van ons wat kwalifiseer na die gemeenskapsaal toe om teen Covid-19 ingeënt te word. Soos elders in die land het als seepglad geloop. Vinnig, vriendelik, professioneel, soos dit veronderstel is om te moet werk...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.