Arm en kaalgat, maar nie vylgatte nie

OUPATROON

Arm en kaalgat, maar nie vylgatte nie

Sy het die seun by die vullisdromme so 11, 12 geskat. Eintlik was hy 15. Boeke, het hy gesê, of gevra. Hy het gehoop hy sou darem ’n ‘nuwe’ boek vind voor die skool die volgende dag begin. Want 'n boek vat jou ver weg, leer jou van dinge en mense wat jy nie geweet het jy nie ken nie. ANASTASIA DE VRIES vertel van die tiener vir wie sy haar gunsteling-Bertolt Brecht-werk wil skenk, die seun wat flentertjies seep en boeke in dromme soek.

Ek het hom eers opgemerk toe die mans hulle losmaak van die vullisdromme en op die swart sakke in my hande afswerm. Die hand waarmee hy in die drom rondgraai, het in die lug bly hang, asof ek hom vang steel het, die kyk in sy oë verleërig, dalk waaksaam. Ek skat hom so 11, 12. Ek het ’n sak na hom toe uitgehou. Daar is kosgoed in, het ek gesê, die res is regtig net vullis.

Hulle raak al hoe meer, dié mans wat klokslag Maandae uit ons dromme en vullissakke oorskietkos en goeterse kom myn. Ek praat al hoe minder met hulle, vra al hoe minder uit. Ek wil nie meer verhale hoor wat my dae lank binneste buite in my vel laat rondloop nie. Ek is ’n renoster met tien jaste aan, net so dikvellig, gepantser teen andermanspyn, verbeel ek my.

Hy het die sak by my gevat, die seunskind, dit aangegee vir die man naaste aan hom. Boeke, het hy gesê. Of gevra. Ek het vasgesteek. Ek wou wegkom, terug in my huis in. Mense gooi nie meer boeke weg nie, sê hy in ’n stem veel ouer as sy bietjielyf. Hy is eintlik 15 jaar oud, sê hy, en het gehoop hy sou darem ’n “nuwe” boek vind voor die skool die volgende dag begin. Elke nou en dan het hy nog ’n boek of twee daar bo teen die berg in ’n drom uitgekrap; nou nie meer nie. Miskien verkoop mense eerder nou hul boeke. Almal trek swaar, sê sy ma...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.