Van die tjoekie na die kerk

VANNIE GAATJIE

Van die tjoekie na die kerk

Ivor Swartz was reeds op 15 in die tronk weens sy aandeel in die moord op sy ouer broer. Dié voormalige bendelid van Grabouw is nou egter ’n suksesvolle jeugprediker in Pretoria, skryf MICHÈLE MEYER. 'n Lewende bewys van sy oorlede ma se houding dat waar jy vandaan kom, nóóit moet bepaal waarheen jy op pad is nie.

HY dra onpaar sokkies en ’n rooi trui met die woorde “Liefde Wen” daarop. Sy glimlag mesmeraais. Dit skakel ’n lig om hom aan. Toe ek oorkant Ivor Swartz (36) in sy gesellige leefvertrek sit, is die ruimte om ons gebaai in die einste lig.

“Ek probee’ lewenslustig bly. Ek weet hoe vinnig kan ek na die negatiewe kant toe… ek’t net twee spaces waarin ek operate; ek’s óf extremely depressed of extremely excited oor die lewe. In die middel raak ek net stuck.”

Hy beduie dié twee ekstreme kom uit Grabouw, in die Gaatjie, noemnaam van sy grootwordbuurt. Sy pa is dood toe Ivor, die naasjongste van vyf, drie jaar oud was. Sy ouer broer, Deon (toe 17),  voer daarna tuis ’n skrikbewind. “Jy’s óf bang, heeltyd, vir jou broer, óf jy’s by die skool en dis die beste tyd van jou lewe, want jy kan droom. Vandaar my waardering vir onderwysers; daai’s ’n heilige roeping.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.