Die teater van tragedie in ons howe

DEURWEEK MET TRANE ÉN RIOOLWATER

Die teater van tragedie in ons howe

Die Griekwastadmoorde en die verhoor van die politikus John Block is van die groot sake wat die joernalis CHARNÉ KEMP in tien jaar in Kimberley se howe in die Noord-Kaap gedek het. Maar vir elke hooggeregshofsaak wat die nasionale opskrifte haal, skryf sy, is daar tientalle lewensdramas wat hulle elke dag in hierdie geboue afspeel.

FLOU sonstrale steek hul vingers versigtig deur die ruite na die twee figure. 'n Bejaarde vrou sit langs 'n middeljarige man op 'n houtbank in die portaal van die hofgebou. Hul baadjies en musse moet skynbaar die donkerte en koue hier binne afweer. Sy blaas eers op haar hande voordat sy dit onder die armholtes van haar roomwit donsbaadjie invou.

Dis vroegoggend en nog betreklik stil in die wye portaal vanwaar ses hofsale uitkring. Meteens roep 'n hofordonnans 'n beskuldigde of 'n getuie se naam uit. Eers een keer, dan weer en weer. Geen reaksie nie. Die beampte verdwyn agter die hofsaal se houtdeure. Die man en vrou se oë waaier van links na regs. 'n Maer vrou skuifel nader in afgeleefde skoene, sak neer op 'n bank. Haar jonger metgesel anker haarself met haar rug en een stewel teen die muur. Kougom hou die kakebene besig, dalk die gedagtes ook.

Amptenare skarrel tussen howe om die pandemie se chaos uit te pluis.  Landdroste, aanklaers of hofpersoneel wat aan die virus blootgestel is, is afwesig. Van hulle is daaraan dood. Hofsittings en verhore moet dus in ander howe plaasvind of aangehoor word. Een hof is buite perke waar onderhoude met voornemende amptenare gedoen word. Heel aan die ander kant van die portaal is 'n hofsaal waar mense mekaar beetkry oor siviele eise kleiner as R20,000:  ou skuld, skade weens motorongelukke of om 'n meubelstuk van 'n eks terug te kry...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.