Die weggesteekte foto van die naamlose vrou

WIE IS SY?

Die weggesteekte foto van die naamlose vrou

Daar is dinge in die verlede waaroor mens nie praat nie, sê my anties. Maar dit pla my. Dat daar ’n vrou in my bloedlyn is wie se naam ek nie ken nie. ANASTASIA DE VRIES skryf oor haar pa se ma: ‘Ek sal haar vind, haar by haar naam aanroep. En dan is ék vry.’

SY het gelag toe ek vra of dit ’n goeie teken is dat ’n vrou op Vrouedag my aanlyn kopies kom aflewer. Ek het soos gewoonlik, en veral dié dag, ’n man op ’n motorfiets verwag. Dis wat Vrouedag vir haar beteken, het sy gesê. Dat sy dié soort werk, eintlik seker mannewerk, kan doen. Dat sy enige werk kan doen. Dat sy ’n man het wat haar toelaat om te werk. Dat hy daar was toe hul eerste kind 30 jaar gelede gebore is en steeds daar is. Maar sy wil nie haar vroulikheid verpolitiseer nie, het sy gesê. Sy is nie ’n feminis nie. Sy is geseënd.

Ek het my pakkasies by haar gevat, ontdaan van woord of wederwoord. Dankie vir die gesels, het sy gesê, in haar voertuig geklim en weggery. Ek moes gevra het wat sy bedoel met die verpolitisering van haar vroulikheid, het ek eers later tot verhaal gekom. Of wat ’n feminis is. Of ’n nie-feminis. Haar woorde het in my kop bly draal. Ek kon elke lyn van haar gesig onthou, die glim van staal in haar oë. Dit het my gepla dat ek haar naam nie gevra het nie.

Dalk was dit dít wat my ’n vrou laat onthou het wie se storie nog net uit brokstukke en stiltes en herinneringe aan ’n verbleikte sepiafoto versin kan word. Net nog ’n naamlose vrou. Wie is sy, het ek my oupa gevra. Die klein kaalvoetvrou langs die statige man met die deftige weglêsnor in ’n donker pak en ’n frons tussen sy wenkbroue. Hoekom hang die foto agter die deur en nie op die muur by jou en Ma se troufoto nie?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.