‘Gewone’, dapper vroue hou Suid-Afrika bymekaar

HELDINNE WAT ’N VERSKIL MAAK

‘Gewone’, dapper vroue hou Suid-Afrika bymekaar

Gewone, dapper vroue is die gom van die Suid-Afrikaanse samelewing – vroue wat hul pad dikwels uit feitlik onmoontlike situasies kan vind om hul doelwitte te bereik. Ontmoet vyf van hulle.

  • 11 Augustus 2021
  • Mense & Kultuur
  • 6 min om te lees
  • artikel 5 van 9
  • GroundUp

WADEA TAPE is in Constantia, Kaapstad, gebore – een van 13 kinders. Toe sy sewe jaar oud was, is sy en haar gesin ingevolge die Groepsgebiedewet uit die gebied verskuif. Op skool het sy saam met haar ma blomme in Rosebank begin verkoop, en 40 jaar later, op 57-jarige ouderdom, verkoop sy steeds blomme op dieselfde plek.

Maria Mahuntsi (58) van Giyane staan soggens om 02:30 op om groente op die Marabastad-mark in Pretoria te verkoop. Sy doen dit al 22 jaar sodat sy geld huis toe kan stuur vir haar kinders. In die eerste paar jaar het sy met haar tweejarige dogtertjie op haar rug gewerk en op kratte by haar stalletjie op die mark geslaap.

Nelisiwe Hlela (64), ’n ma van ses, het die gebruik van haar bene verloor nadat sy in 1992 raak geskiet is. Terwyl sy in die hospitaal herstel het, het sy by ’n opleidingsprogram aangesluit om leerprodukte soos Bybel-omslae en sakkies vir bus- en treinkaartjies te maak. Sy het dit sedertdien op straat verkoop en só vir haar kinders se skoolonderrig betaal...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.