Als was bakgat … en toe sit Jan van Riebeeck voet aan wal

NEDERLAND SE KAAPSE KOLONIALISME

Als was bakgat … en toe sit Jan van Riebeeck voet aan wal

Dit word beskryf as ‘misschien wel het ultieme boek over Zuid-Afrika', skryf ANESCA SMITH oor Niels Posthumus se jongste SA boek, Alle problemen begonnen met Van Riebeeck: Wat Nederlanders niet weten over hun rol in Zuid-Afrika.

POSTHUMUS het onlangs Suid-Afrika verlaat nadat hy vir meer as agt jaar die Nederlandse korrespondent vir Trouw en Het Financieel Dagblad was, en neem afskeid met 'n boek wat tot dusver lowend ontvang is deur kritici in Nederland en België.

Alle problemen begonnen met Van Riebeeck: Wat Nederlanders niet weten over hun rol in Zuid-Afrika werp 'n vars blik op Suid-Afrika se koloniale geskiedenis aan die hand van 'n hedendaagse reis in die voetspore van die eerste Nederlanders wat toevallig hier aanland toe hul skip, die Haerlem, iewers voor Bloubergstrand in 1647 skipbreuk gelei het. En volg hul nasate ooswaarts, die binneland in, en uiteindelik na de noorde deur Kimberley, Potchefstroom, Orania en Johannesburg. Hoewel die boek op 'n Nederlandse leserspubliek gerig is, bied dit 'n oorvloed stof tot nadenke vir Suid-Afrikaners.

Die titel van die boek ontleen Posthumus aan 'n uitspraak van oudpresident Jacob Zuma tydens die 103de bestaansjaarviering van die ANC. Dit dien as katalisator vir sy eie reis deur Suid-Afrika om te probeer vasstel hoeveel waarheid daar in die stelling steek. Die boek is ook sy antwoord op die vraag oor waarom Nederlanders so min weet oor (en weinig belangstel in) hierdie deel van hul koloniale geskiedenis...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.