Was Jesus ’n charismatiese moralis, revolusionêre soldaat of...

UIT DIE ARGIEF

Was Jesus ’n charismatiese moralis, revolusionêre soldaat of apokaliptiese profeet?

Die man van Galilea was volgens die Evangelie van Markus die eerste wat gevra het: ‘Wie sê julle is ek?’ Dit is met dié vraag wat sy volgelinge, draaiboekskrywers en geleerdes ná meer as 2,000 jaar steeds worstel. In Vrye Weekblad van 31 Augustus 1990 het INA VAN DER LINDE saam geworstel.

  • 25 Augustus 2021
  • Mense & Kultuur
  • 10 min om te lees
  • artikel 8 van 10
  • Ina van der Linde

HET Jesus op 'n dag uit die woestyn gestap, die stof van sy voete afgeskud en begin om 'n sagmoedige boodskap van liefde en vrede te predik? Of was hy 'n charismatiese moralis wat die armes en die ellendiges wou bemoedig? Was hy moontlik 'n revolusionêre soldaat wat by Umkhonto we Sizwe sou aansluit? Of was hy 'n apokaliptiese profeet wat die mensdom wou maan om hulle te bekeer want die einde is naby?

Terwyl die debat oor die historiese Jesus – die Jesus wat in Galilea gewoon het tot en met sy kruisiging op Golgota – al dekades lank in Europa en Amerika aan die gang is, het dit in Suid-Afrika nog nie werklik van die grond af gekom nie.

Een van die redes hiervoor, sê prof. Andrie du Toit van die NG Kerk se teologiese fakulteit aan die Universiteit van Pretoria, is dat “ons uit 'n fundamentalistiese verlede kom en gevolglik is die vrae vir mense bietjie van 'n bedreiging"...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.