Op ’n tropiese eiland in ’n tyd van afsondering

VER IN DIE WÊRELD

Op ’n tropiese eiland in ’n tyd van afsondering

Soms kry ons geïsoleerde stamme jammer omdat hulle al die luukses en lekkertes van die lewe misloop. Of só dink ons. Maar MARINDA KOLEV sal nou wat gee om soos die Sentinelese van ’n afgeleë eilandjie ver van almal, alles en hoofsaaklik die C-woord af te kon leef.

IN die Golf van Bengale, oos van Indië, lê ’n stringetjie van omtrent 300 eilande wat die Andaman- en Nicobar-eilande (https://en.wikipedia.org/wiki/List_of_islands_of_India) genoem word. Daar is onder meer die Noord-Andaman-, die Middel-Andaman- en Klein-Andaman-, die Baratang- en die Groot- en Klein-Nicobar-eilande. Daar is ook Viper-eiland, Interview-eiland en Guitar-eiland. Dis egter die eilandjie wat so effe wes van hierdie string lê wat my eindeloos fassineer: die Noord-Sentinel-eiland.

Dié stukkie aarde is meer as 900 kilometer wes van Bangkok in Thailand en meer as 1,300 kilometer oos van Chennai in Indië. Dit is omtrent so groot soos sewe rugbyvelde met immergroen tropiese woude, koraalriwwe en ’n gematigde klimaat. Jy gaan tevergeefs na ’n reisbrosjure soek, want die Sentinelese stam is een van die laaste ongekontakte stamme in die wêreld en hulle wil jou rêrig nie daar hê nie.

Gemorspos en skeepswrakke..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.