Wat prut in die pot in Estcourt?

HOL, POTJIEROL, HOL!

Wat prut in die pot in Estcourt?

DEBORAH STEINMAIR en vriende het inderhaas ’n oorlewingsgids saamgestel vir besoekers aan Estcourt. Lees hier wat jy nié moet doen, sê, lees, luister of eet nie.

Ek het gehoor in Estcourt, KZN, gaan dit doller as kopaf. Kannibalisme het glo weer kop uitgesteek daar. Kannibal dan nie? 

Mense verkoop glo hul familielede per kilogram. Aan so iets het ’n mens natuurlik ’n broertjie dood. Bloed is nie dikker as water nie, maar familie is hul gewig in goud werd. Familie-etes is gewild. As jy nie van jou broer hou nie, eet dan jou aartappels. 

Ek en vriende het inderhaas ’n oorlewingsgids saamgestel vir besoekers aan Estcourt.Wat jy ook al doen, moenie jou gewig rondgooi daar nie. En moenie kop verloor nie – jy  moet ’n kop op jou skouers hê. Moenie jou kop op ’n blok sit nie. Hulle gaan met jou kop smokkel. Moenie jou nek uitsteek nie. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.