Novak Djokovic: Die talentvolle, toevallige skurk

RUIMHARTIGE SKATTEBOL, MAAR ...

Novak Djokovic: Die talentvolle, toevallige skurk

Novak Djokovic is een Grand Slam-oorwinning weg van om die bykans ongehoorde in tennis reg te kry. Wen hy die Amerikaanse Ope, word hy die eerste man sedert Rod Laver in 1969 wat 'n kalender-Grand Slam agter sy naam skryf. Maar sal hy die liefde van die ondersteuners kry waarna hy so smag, vra HENNIE MALAN.

HOE voel dit om soort van die “slegte ou" te wees wat al die jare so jag maak op Roger (Federer) en Rafa (Nadal)? Novak Djokovic, die wêreld se voorste tennisspeler, moes met dié vraag by vanjaar se Wimbledon seker by homself gedink het: “Ag, hier gaan ons al weer.” Hy moet immers teen dié tyd sulke vrae by mediakonferensies te wagte wees.

Tog moes hy ietwat oorbluf gewees het oor die reaksie, want tennisjoernaliste was behoorlik ergerlik en die twitterati het verwoed na hulle slimfone gegryp. In 'n tweet noem The New York Times se tennisskrywer, Ben Rothenburg, dit prontuit een van die swakste openingsvrae tot nog toe by 'n mediakonferensie. By die einste mediakonsferensie het hy selfs in die bresse getree vir Djokovic: “Ek dink nie jy is 'n slegte ou nie.” Sports Illustrated se Jon Wertheim was net so min beïndruk: “Dit maak die atmosfeer toksies vir almal, insluitend vir die meeste van die joernaliste wat professioneel optree …”

In die tydsgees van kanselleerkultuur was dit ook nie juis 'n verrassing toe ESPN se Willie Weinbaum, die steller van die gewraakte vraag, se kop op Twitter en ander forums geëis word nie. Olie op die vuur was dat Weinbaum 'n vervaardiger by ESPN is en nie amptelik 'n joernalis nie. Vir die twitterati en 'n swetterjoel redditors was dit die finale bewys van ESPN se voortrekkery van Fedal (die portmanteau vir Federer en Nadal se tweestryd) ten koste van Djokovic...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.