Barbara Masekela kyk terug op ’n lewe van liefde en verlies

BOEKE

Barbara Masekela kyk terug op ’n lewe van liefde en verlies

Barbara Masekela se memoires omvat haar soeke na identiteit in haar kinderjare, 'n ontdekkingsreis in die lewe van diegene wat aan haar lewe gegee het, en 'n verkenning van wortels, geskiedenis en die gebeure wat ons persoonlikhede vorm, skryf SUE DE GROOT.

BARBARA Masekela is al beskryf as 'n aktivis, akademikus, opvoeder, digter, politikus, ambassadeur en ma. Party mense voeg daarby “Hugh se suster", want die Masekela-naam wat die hele wêreld ken, is dié van die trompetmeester wat in 2018 oorlede is.   

Dit pla haar nie dat haar broer se naam so gereeld opkom nie. Hy was haar beste vriend en sy dood was op 'n manier die katalis vir die memoires wat sy wou skryf. Die eerste volume, Poli Poli, is opgedra aan Hugh. Sy noem hom Minkie, 'n bynaam uit hulle kinderdae wat van Mickey Mouse afgelei is. 

“Ek is baie bly ek het nou kans gekry om dit te skryf," sê sy. “Dit het begin as 'n vorm van katarsis toe my broer dood is. Ek het twee jaar lank na hom gekyk en ek was in 'n baie slegte toestand, so dit het my baie gehelp."..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.