DIS ’n ritueel. Jy’s gespanne wanneer jy by ontvangs aanmeld. Veral as daar nie vooraf ’n spesifieke kampplek aan jou toegeken is nie. Eers Covid-protokolle. Dan trek die hulpvaardige ontvangspersoneellid ’n glimpenlyn op ’n A4-grootte vereenvoudigde kaart van die terrein. “U is nou hier. Ry verby die gerieflike hutte met lugversorging en badkamers en gaas voor die vensters en deure. Daarna ry u die privaat gaste-eenheid met en suite-kamers en sentrale kuierboma reg voor die watergat mis. Om die eerste draai sal u die luukse tentkamp sien – tente opgeslaan soos Robert Redford nie eens kan nadoen nie. Hou verby. Vasbyt. Agter die ablusiegeriewe verby, en daarsy! Ons kampterrein. Nee, g’n toegekende plekke nie. Bly net binne die gemerkte staanplekke.” Jy’s op ’n blind date met jou kampstaanplek.
Versamelvoëls
Volg die glimpen-aanwysings. Sien jenewer-klinkende besoekers op hul koel rondawelstoepe. By die privaat gaste-eenheid vang jy slegs ’n glimps van die G-wagon, Discovery en dalk ’n Cayenne. Dis after all privaat. “O, daar’s die tentkamp, hulle’t tot dekke, kyk!” In die verbyry dink jy jy sien linnehemde en smart vellies...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.