Groenboontjiebredie is nie stew nie, so moenie suinig wees nie

FYNPROE

Groenboontjiebredie is nie stew nie, so moenie suinig wees nie

Dis heerlike lente, maar die winter wil-wil ons maar net nie uit sy kloue laat nie. Dit beteken egter daar is nog tyd vir ’n bietjie koesterkos, soos een van NETTIE PIKEUR se maklike bredies. Dié resepte is nog net so relevant soos toe dit in Vrye Weekblad van 11 Mei 1990 verskyn het.

DAAR is niks soos reënweer vir 'n outydse verlange na groenboontjiebredie nie. Dit reën nou in die Kaap en die kinders neul. Voor hulle jou gek maak oor pizza en pannekoek, draf na die slagter vir jou kilo of twee bredielamsvleis. Nek of skenkel, nes jy Ius het. Gaan koop dan die mooiste vars groenbone wat jy kan kry. Ook 'n pakkie vars swartpeperkorrels en twee suurlemoene. “Mense wat verskoning maak en sê die bredie het afgekook, was suinig met die groente," sê die kok van Mount Pleasant van Kaapstad.

En sy is reg. Gebruik genoeg boontjies en jou bredie is 'n sukses.

Smoor die fyngekapte uie saggies in 'n bietjie olie in 'n swaarboom-swartpot. Voeg die stukkies vleis, netjies in blokkies gekap, bietjie-vir-bietjie by tot bruin...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.