Lesbiërs en Alice B. Toklas se koskas

VIR LEES EN HERLEES

Lesbiërs en Alice B. Toklas se koskas

Alice B. Toklas was nie 'n mooi vrou nie – met haar snor en ‘merkwaardige oë’ sy was ‘aangrypend lelik’ – maar sy was so uitsonderlik dat iemand anders haar outobiografie geskryf het. Later het Alice self 'n kookboek (en nog 'n outobiografie) geskryf. Dis oor dié meesterlike kookboek wat DEBORAH STEINMAIR swymel.

DIKWELS wens ek die digtende Sappho en haar boesemvriendinne het ’n ander eiland as Lesbos gekies. Is dit net ek, of klink “lesbiër” soos ’n aanhanger van ’n moorddadige sekte? Die Engelse woord is marginaal beter as die deelteken en beeragtige klank van die Afrikaans. Watter eiland sou deug as naamgewer? Santoriniaan, Corfiet, Hydraïs, Kefaloniaan, Naxosiet, Mykonosiet, Skopelosbiër. Nee wat, die eilande lê nie een lekker op die tong nie.

Toe ek baie jonk was, het ek The Well of Loneliness van Radclyffe Hall gelees. Vir die jong lesbian was daar vroeër maar min rigtingwysers in fiksie. Virginia Woolf het selfmoord gepleeg en sy was buitendien met ’n man getroud, maar ek was nog altyd begogel deur Gertrude Stein en haar vrou, Alice B. Toklas. Gertrude het soos iemand se slim, sielige oom gelyk. Alice se hare was ’n boskaas en sy was aangrypend lelik. Selfs op foto’s merk ’n mens dit; haar buitengewoon sterk teenwoordigheid. Sy is verewig in Gertrude Stein se boek The Autobiography of Alice B. Toklas – ja, sy was so uitsonderlik dat iemand anders haar outobiografie geskryf het. ’n Paar minute nadat Gertrude vir Alice ontmoet het, het sy verklaar dat hulle vir ewig getroud is.

Alice het later in haar lewe haar eie boek geskryf. The Alice B. Toklas Cook Book is in 1954 gepubliseer en het ’n oproer veroorsaak weens haar eksentrieke resepte soos vir dagga-brownies, maar ook omdat dit ’n besonderse boek deur ’n unieke persoon is. Sy vervleg resepte en vertellings; waar sy ’n dis die eerste keer geëet het en wie dit voorberei het. Ek lees graag oor die eetvoorkeure van beroemdes. Ek onthou toe ek Sekretaresse vir die Verwoerds deur Annatjie Boshoff gelees het (waarom?), het sy vertel Doktor was so lief vir afval. Dan picture ek daardie potjierol met die spaarvarkglimlag wat weglê aan skaappens. Alice het altyd na Gertrude by naam en van verwys: Gertrude Stein preferred this and that. Sy bekyk die wêreld met ’n houtoog en is vol opinies, met ’n formidabele geheue. Die boek word steeds herdruk...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.