Was dít Voëlvry se wedergeboorte ... of begrafnis?

UIT DIE ARGIEF

Was dít Voëlvry se wedergeboorte ... of begrafnis?

In 1991 wou die alternatiewes, wat hulself eers Voëlvry verklaar het, skielik in die hoofstroom spring. Maar dit was nie so maklik nie. ESMA ANDERSON het vir Vrye Weekblad van 8 Februarie 1991 met ’n paar (eks-) alternatiewes gepraat.

  • 13 Oktober 2021
  • Mense & Kultuur
  • 7 min om te lees
  • artikel 8 van 9
  • Esma Anderson

’n GROOT deurbraak vir régte Afrikaanse musiek, veral dié van die “alternatiewes"? Of is dit boedel oorgee, en gaan die establishment groepe wat Afrikaans gesing het soos niemand gedink het hy/sy gesing kan word nie, nou insluk?

Reeds is daar ’n ligte omstredenheid rondom die Tafelbaai-boogy, wat verlede week bekendgestel is en op 16 Maart in die Goeie Hoop-sentrum as deel van die Kaapse Fees gehou gaan word. Ná ’n dreigement om te boikot deur sommige van die deelnemers, het die FAK hom glo onttrek.

Dit illustreer die dilemma vir die alternatiewes: om deel te neem aan die hoofstroom, of om nie deel te neem nie. Johannes Kerkorrel, voorste alternatiewe van “Sit dit af”-faam, noem die boogy-fees ’n belangrike geleentheid omdat hul musiek deur die SAUK geboikot word. “Daar is geen forum waar ons musiek gehoor kan word nie. Dit is vir ons baie belangrike blootstelling. Ons wil nie musiek maak wat nooit gehoor word nie."..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.