Om ’n vark oor die wenstreep te ry

VAN GENDER

Om ’n vark oor die wenstreep te ry

Giftige manlikheid is ’n nare ding, maar daar is vroue wat goed weet dat hulle mans se roofdiergedrag hulle grootste troefkaart is. Dit word verduur en verdedig, want dis hoe die leer geklim word. Wanneer gedrag giftig raak, is vroue nie net slagoffers nie. Soms is hulle die aggressor of die medepligtige, skryf BIANCA DU PLESSIS.

Augustus 1989 – Windsor-kasteel, Engeland

Ek stap deur die koningin se kamers vol geskenke uit die koloniale uithoeke van die Britse Ryk se baasskap. Daar’s ’n handgeknoopte tapyt so groot soos ’n netbalbaan met ’n bronsplaatjie wat sê wanneer en deur wie dit aan die koningshuis geskenk is. Ek sien ’n elegante een meter hoë kruik uit soliede goud met fyn graveerwerk op ’n massiewe ronde skinkbord, ook van soliede goud. Nog ’n geskenk van ’n lord chancellor of ’n viceroy in diens van die kroon. Ek wonder of dit vir die Britse koningshuis gemaak is en of die Britse amptenare dit bloot gevat het omdat hulle kon. In my 18-jarige kop begin ek die manlike meesters uittrap vir hulle gretige stropery, tot ek myself die oordrag van goedere met die tuiskoms probeer voorstel:

“Mildred darling, I’ve brought you the most exquisite gift.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.