Die daaglikse lewende hel van ’n pendelaar

UIT DIE ARGIEF

Die daaglikse lewende hel van ’n pendelaar

Soos so baie ander inwoners van Khayelitsha moes SANDILE DIKENI, ‘people's poet' van die Kaapse Vlakte, elke dag die sowat 30 km na Kaapstad per taxi aflê – ás hy een kan kry. Boonop kan so 'n rit te midde van 'n taxi-oorlog 'n saak van lewe of dood wees. Hierdie artikel het oorspronklik in Vrye Weekblad se uitgawe van 18 tot 24 Oktober 1991 verskyn.

  • 20 Oktober 2021
  • Mense & Kultuur
  • 6 min om te lees
  • artikel 7 van 8
  • Sandile Dikeni

DIE groot probleem begin al vroegoggend. Die vraag wat in die voornemende pendelaar se slaapbenewelde brein rondstoei, is: Wanneer moet 'n mens opstaan, vyfuur, sesuur, of seweuur? Veiligheidshalwe kies jy die vroegste moontlikheid.

In die eerste paar minute op jou voete vaar jy met jou betroubaarste vloekwoorde uit teen die konsep van vervoer, met die klem op taxi en alles wat dit vergesel. As jy 'n kwaai baas het, dan mik jy ook 'n paar skelwoordjies na dié se kant toe.

Afhangende van die weer is die tog na die taxi-staanplek 'n eiesoortige ondervinding. As die weer gunstig is – selde die geval in die stowwerige en reënerige Khayelitsha – stap julle skertsend die pad af, senuweeagtig en onseker oor hoe die dag sal verloop. Dan begin die lang wag in 'n droë motreëntjie, of waaiende stof wat in jou oë waai. Daar is nie beskutting by die bushalte nie. 'n Poging om bus-afdakke op te rig het lankal misluk. Die mense het die goed gesteel om te gebruik as boumateriaal in Site C, Site V, Harari, Green Point, Macassar, of die afgryslik verarmde plakkersvoorstede...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.