Boekbedonnerd nr. 29 | Trekklavier-troebadoere, plaaslike...

WAT LEES ONS?

Boekbedonnerd nr. 29 | Trekklavier-troebadoere, plaaslike misdaad, jaloerse kortverhale en digkuns

Ou skrywers slaan nuwe rigtings in en nuwerige skrywers dig oor ou temas. Dít, in ’n neutedop, is waaroor hierdie week se aanbevole boekelys handel. DEBORAH STEINMAIR raak liries oor plaaslike talent, asook 'n bekende Noorweegse misdaadskrywer.

1. Lesotho se eie troebadoere

“The book reads like a song” lui Annicia Manyaapelo se woorde op die voorblad en dis inderdaad so. Wayfarer’s Hymns deur Zakes Mda is liries en ritmies, ’n sensuele skuifelstap tussen lyflikheid en die dood – totaal meesleurend.

Mda is ’n storieverteller sonder gelyke. Sy taal is ryk soos donker sooigrond, deurspek met Afrika-idiome en uitdrukkings wat die Engels laat dans, soos: “When things start to stink without being rotten”; “Never provoke a snake in its hole”; “Giving a man his mother” (om hom op te foeter); “To take the children” (om meisies te beïndruk); “Death is the mother-in-law of all homesteads”; “Phuza face” (dronkaardgesig). Daar is woorde met Afrikaanse eggo’s, soos “perese” (pers), “liqi” (liedjie), “gemmer” (gemmerbier), “koriana” (akkordion of trekklavier), “korostina” (konsertina)...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.