DIE Sondag-blues skop vroeg in, so kwart oor elf. Daar’s ’n malle geklop aan die voordeur, en mens staan maar op en maak oop, want dalk is dit die polisie wat ’n tip-off gekry het oor die outjie, straataf, wat dud magic mushrooms verkoop, en hulle wil ’n verklaring afneem sodat hulle hom kan arresteer.
Maar nee. Dis twee middeljarige mans in grys pakke, een met ’n snor, elkeen met ’n Afrikaanse Woordelys en Spelreëls onder die arm. Van die Akademie vir Wetenskap en Kuns. Wil hulle mens kom staan vertel mens spel “fokof” met twee k’s.
Daar is darem koffie, maar ’n Panado-boksie bly leeg, al skud mens hom hóé, die kombuis is ’n disgrace, en die pizza-skyf wat mens vir ontbyt weggesit het, het onverklaarbaar op die vloer beland en die miere was eerste daar...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.