$ekstase: die ekonomie van lekkerkry

LAG MET 'N TRAAN

$ekstase: die ekonomie van lekkerkry

LINZA DE JAGER het om den brode ’n foonsnol probeer word, maar die werklikheid het haar gefnuik. Sy onthou van haar kennisse was wel suksesvol met hul betaalde sekskapades.

Onthulling: Ek hou van stories wat so sappig is dat die sop spat. Dis hoekom ek myself oorkant Bibi Jones, die Amerikaanse porno-ster, bevind het.

Dis 2011 en die jonge Bibi is in Kaapstad vir die Sexpo. Sy gee links en regs onderhoude. Dis tog wat ’n porno-ster [volgens die taalreëls word dit sonder ’n koppelteken gespel, maar ons wil nie die renoster beledig nie – Red.] doen, veral as sy kort tevore op die ouderdom van net 20 aangekondig het sy tree af. Sy’t die aankondiging betraand op YouTube gedoen.

Op 'n punt het sy voorgelees uit The Power of Now deur die filosoof Eckhart Tolle. Byna ’n miljoen mense, onder wie ek, het gehoor hoe sy aankondig: “I’m not happy with me. I’m only twenty years old. The earlier I get out of this industry the better it will be.” En hier is sy om 'n bloufilm te bemark – en dis asof sy nooit afgetree het nie. Sy’t 'n klassieke A-lyn-rokkie aan en sy’s min lus vir gesels. Die gesprek hinkepink. Bibi vertel dat sy deeltyds in ’n antiekwinkel werk en dat sy van die werk hou...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.