Totsiens, my liewe, lewenslange vriend Anthony Sher

HULDEBLYK

Totsiens, my liewe, lewenslange vriend Anthony Sher

Die teaterlegende JANICE HONEYMAN bring hulde aan haar vriend Sir Anthony Sher, wat Vrydag sy stryd teen kanker verloor het.

  • 08 Desember 2021
  • Mense & Kultuur
  • 5 min om te lees
  • artikel 4 van 8
  • Janice Honeyman

MY liewe Tony, my sielsbroer, vriend, kollega, denker, perfeksionis, persoonlike leermeester, inspirasie en bedrewe kunstenaar – hierdie is my eie, persoonlike “Hello and Goodbye” aan jou. 

Ons eerste “Hello” was op die strand in Seepunt – jy soos 'n mier in 'n heeltemal te groot swembroek, ek in 'n nat een met tossels aan, en ons altwee met soliede blertse Nivea op die neus! En dit was 'n hele 68 jaar gelede!

Ons volgende “Hello” was by die Kaapstadse Eistedfodd, waar jy 'n fantastiese Thomas á Becket gelewer het – jy het ’n eretoekenning en onderskeiding gekry, ver meer as enigeen van ons. Jy het altyd die indruk van waardigheid en gravitas geskep, selfs op daardie jong ouderdom. En ek? Ek het ’n stormende bul met 'n sagte hart in die improvisasie-afdeling gespeel. Komedie, ’n eretoekenning, maar g’n snars gravitas of waardigheid nie! Ek onthou hoe jy agter die verhoog gelag het, en ek was nogal in my noppies dat jy gehou het van wat ek gedoen het!..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.