Dis ’n tyd van wag en afwag. Vir beter dae.

VREDE OP AARDE

Dis ’n tyd van wag en afwag. Vir beter dae.

Haar huis ruik goudbruin en geilgroen en groos van die groenvyekonfyt wat sy vir trifle kook. Sy verlang na mense en plekke wat haar seker al toeka vergeet het, maar by wie en waar sy ’n stilte kon inasem wat haar tot vandag se dag bly voed, skryf ANASTASIA DE VRIES.

DIE vye aan my boom begin ryp raak. Die arme boom is amper al weer swaar van lyf nadat ’n buurman dit ’n jaar of twee gelede liederlik aangerand het. My knikkels pyn sommer as ek aan daai oggend dink. Ek pluk ’n paar rypes, sit dit in die yskas. Soos toe Siv net ’n jaart ver was en die eerste ryp vye vir haar. Ek skraap ’n bak halfgroenes wat konfyt moet word vir Krismis se trifle, bedek dit met soutwater en hoop vir die beste. Dalk moet jy tog maar eerder loop koop, soek ek ’n uitweg.

Maar. Hy lus nie meer nat trifle met blikvrugte en dun stroop nie, het die een lekkerbekkige (volwasse, wil ek byvoeg) familiekind laat weet. Al wat hy vir Krismis soek, is daai trifle met die kookvye en die makataan en die glazed fruit en die lekker ou knakie (was dit sjerrie of Southern Comfort of wat nou weer?) wat ek laas in die jaar toet gemaak het. Asof ek dan nog sou weet van hoe. Daar was immers vir hoeveel jaar ’n verbod op my “sletterige” trifle.

Ek praat myself aan: En jy beter van nou af wegbly van die fles makataan wat iemand se ouma op ’n dag hier laat aflewer het. Sorg jy vir die groenvyekonfyt. Ek onthou net so half en half uit my kinderdae hoe en wat ’n mens moet doen. Dit kom van steel met die een oog, die ander in ’n boek. Wie het gesê as jy kan lees, kan jy kook? Sê Google: Gooi die soutwater af, spoel en stoom die vye. Soveel suiker, soveel water...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.