Die groot ge-hanna-hanna: die gemoedstoestand van 2021

DIS OUKEI OM NIE OUKEI TE WEES NIE

Die groot ge-hanna-hanna: die gemoedstoestand van 2021

Die oorwegende emosie van 2020 was verlies. Verlies aan normaliteit en vrees vir 'n onsigbare virus. Maar iewers daarna het ons emosionele landskap geskuif. En het ons iets anders begin voel wat moeiliker was om te verwoord: 'n dowwe onvergenoegdheid. Dié gevoel het 'n naam, vertel ANNELIESE BURGESS.

Dit is 'n lieflike dag. Die voëltjies tjirp. Die son skyn. Die dou glinster. Jy trek die kombers oor jou kop. Net vir 'n rukkie wil jy terugklim in jou droom wat jy nie eens meer kan onthou nie. 

Jou gemoedstoestand is nie besonder donker nie, maar jy ervaar min vreugde. Of dankbaarheid. Jy is gewoonlik goed met vreugde en dankbaarheid. Jy weet jy ís dankbaar. Vir die feit dat jy 'n werk het, dat jy gesond is, dat daar kos op die tafel is, maar jy voel dit nie in jou maag nie.

Jy is moeg. Uitgeput selfs. Jy sukkel om op take te fokus. Jy los en vat en kry nie klaar met goed nie. Jou ou vreugdes het hulle glans verloor. Dinge soos kook en lees en tuinmaak is lekker, maar jy ervaar min oomblikke van suiwer genot. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inmekaar vloei sonder hoogte- of laagtepunte...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.