Die Veiligheidspolisie se ‘drama’-dokkie

UIT DIE ARGIEF

Die Veiligheidspolisie se ‘drama’-dokkie

In die 90's het die Veiligheidspolisie die filmmaker Peers Hartzenberg R30,000 betaal om 'n peperduur propaganda-film oor beweerde ANC-wandade vir die SAUK te maak. Hy moes ook 'n propagandareeks oor die polisie maak wat meer as R1 miljoen sou kos, maar die plan het skeefgeloop en tot 'n hofsaak gelei. PEARLIE JOUBERT het verslag gedoen vir Vrye Weekblad van Augustus 1991.

  • 22 Desember 2021
  • Mense & Kultuur
  • 8 min om te lees
  • artikel 22 van 27
  • Pearlie Joubert

DIE Veiligheidspolisie het die idees en die geld gegee, Peers Hartzenberg het die rolprent “uit ’n blinde lojaliteit" gemaak – en die SAUK het dit uitgesaai sonder om daarvoor te betaal. Die rolprent waarvoor Hartzenberg R30,000 ontvang het, was getiteld Umkhonto we Sizwe: Disgrace of the Nation? Dit het die polisie sowat R300,000 uit die sak gejaag – en die SAUK het die prent van 30 minute as ’n “dokumentêre" program uitgesaai.

“Die polisie wou hê ek moes vir die polisie word wat Jans Rautenbach vir die weermag was. Rautenbach is gevoer met films en geld van die weermag. Ek moes die polisie se propaganda vir hulle maak soos Rautenbach dit vir die weermag gedoen het," sê Hartzenberg.

Met sy Mercedes Benz en velskoene op sy plaas buite Parys lyk Peers Hartzenberg op die oog af nes nog ’n skaap-en-beesboer. Maar Hartzenberg en sy films het ’n lang geskiedenis met die Veiligheidspolisie in Suid-Afrika. Tydens sy studentedae aan die Universiteit van die Witwatersrand, waar hy kuns studeer het, het hy Nusas- en ander linkse vergaderings bygewoon en verslae vir die Veiligheidspolisie geskryf. “Vir dié werk, wat ek twee jaar lank vir hulle gedoen het, is ek R20 betaal," lag Hartzenberg vandag. Hartzenberg het al heelwat dokumentêre reekse vir die SAUK gemaak, sowel as die vervolgreeks Rieksie Rautenbach, Baasspeurder...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.