Jans Rautenbach en ‘Projek Diver’

UIT DIE ARGIEF

Jans Rautenbach en ‘Projek Diver’

Jans Rautenbach het as voorste rolprentmaker derduisende rande van die weermag ontvang vir propaganda-rolprente wat hy vir hulle gemaak het. Die prente is selfs aan die vorige Amerikaanse president vertoon om sodoende steun en simpatie vir die Suid-Afrikaanse regering en Jonas Savimbi, leier van Unita, te kry. PEARLIE JOUBERT het hieroor verslag gedoen vir Vrye Weekblad van 2 Augustus 1991. Rautenbach se brief aan sy seun om vergifnis te vra, het twee weke later verskyn.

  • 22 Desember 2021
  • Mense & Kultuur
  • 8 min om te lees
  • artikel 21 van 27
  • Pearlie Joubert

DIE rolprentmaker Jans Rautenbach se ooreenkomste met die Suid-Afrikaanse Weermag en die departement van binnelandse sake lees soos 'n John Ie Carré-spioenasieverhaal: VWB is in besit van ooreenkomste wat Rautenbach met die departement van binnelandse sake en inligting aangegaan het en dik verslae oor propagandarolprente, wat aan die vorige president van Amerika, Ronald Reagan, senaatslede en oorsese pro-Suid-Afrikaanse organisasies vertoon is. Van die rolprente, blyk uit die dokumente, is veral aan organisasies en televisiestasies getoon en verkoop met die doel om steun en simpatie vir Unita en die Suid-Afrikaanse regering te kry.

Dokumente wys dat Rautenbach die maatskappy Sunrise International Film Productions gestig, geregistreer en bedryf het “namens die SAW en met die laasgenoemde se magtiging ten opsigte van grootte, geskiktheid en koste". Die ooreenkoms lui: “Die konsultant/filmmaker onderneem om ná die voorafgaande goedkeuring van die SAW die benodigde vervaardigingskontrak aan te gaan met sodanige instansies as wat nodig mag wees vir die vervaardiging, bemarking, verspreiding, vertoning van 'n bepaalde rolprent of rolprente, welke kontrak aangegaan moet word in die naam van SUNRISE INTERNATIONAL FILM PRODUCTIONS maar as 'n agent namens die SAW as versweë prinsipaal."

Luidens die ooreenkoms sal die rol en verpligting van Rautenbach se maatskappy wees om:..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.