Pieterse, Troskie en Uys was glo óók betrokke by propaganda

UIT DIE ARGIEF

Pieterse, Troskie en Uys was glo óók betrokke by propaganda

VWB het in 1991 onthul dat van die land se voorste rolprentmakers – onder andere Jans Rautenbach en Peers Hartzenberg – in die geheim propagandaprente vir die weermag en die veiligheidspolisie gemaak het. Sommige is as ‘dokumentêre' prente aangebied. Die propaganda het egter ook ‘vermaaklikheidsprente' behels. PEARLIE JOUBERT het agter die kap van die byl probeer kom vir Vrye Weekblad van 23 Augustus 1991.

  • 22 Desember 2021
  • Mense & Kultuur
  • 9 min om te lees
  • artikel 23 van 27
  • Pearlie Joubert

DIE groot Suid-Afrikaanse rolprentmakers Philo Pieterse, Boet Troskie en Jamie Uys was almal betrokke in die vervaardiging van propagandaprente vir die weermag en die afdeling militêre inligting (AMI). Die SAUK het blykbaar R2.5 miljoen vir die propagandarolprent Back to Freedom betaal en Ster-Kinekor het ná samesprekings met die weermag en rolprentmakers die gewildste vertoontyd, die Junie-vakansies, aan die propagandaprente afgestaan.

Die Boetie-prente, Boetie gaan border toe en Boetie op maneuvers, het die weermag elk meer as R700,000 gekos, sê die projek-offisier van die rolprente aan VWB. Kosteberamings wys dat Boetie op Maneuvers die weermag R1 miljoen sou gekos het. “Die voormalige staatspresident PW Botha, die minister van buitelandse sake, Pik Botha, die minister van finansies, Barend du Plessis, die minister van verdediging, Magnus Malan, en die hoof van die weermag, Jannie Geldenhuys, was bewus van die maak van propagandaprente en het die weermag se betrokkenheid daarby goedgekeur.

VWB het ook berig oor propagandarolprente wat Jans Rautenbach vir die weermag gemaak het en oor Peers Hartzenberg wat die polisie se propagandaprente vervaardig het. Lees die artikels hier:..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.