ANASTASIA DE VRIES skryf oor ’n skreeuende bybie in ’n krip vol strooi in die township Nomzamo naby die strand, oor ’n witkopkind wat ’n vreemdeling se gees huis toe gelei het, en ’n outistiese kind wat sy ouma geleer het om met haar oë te luister.
VIR ’n ruk het die township Nomzamo naby die Strand Betlehem kom word. Huis van brood. Stad van Dawid. Daar was ’n stal en ’n skreeuende bybie in ’n krip vol strooi, drie gemaskerde skaapwagters wat al hul dae met skaap en staf het, ’n engel met ’n afvlerk en ’n vaal vlakhond, wat glo aan niemand en aan almal behoort, by Maria se voete. Die Jesus-kind is haar pasgebore broertjie. Hy hou op huil as sy hom met haar blou sluier koel waai. Josef kniel eenstryk, oë styf toegeknyp, hande plegtig in gebed gevou.
’n Vrou lees die Kersverhaal in Afrikaans voor, ’n man in Xhosa. Dit was Kersdag, die tafels gedek vir enkelouers en hul kinders, kinders aan die hoof van hul huishouding en ouers hopelik net in hierdie dae van hul kinders verlaat. Ons lag toe die laaste note van die Kersgesang wegsterf. So ’n saamsingery help darem, sê iemand toe ons agter die opskeptafels stelling inneem, veral as almal nie ewe nootvas is nie. “Maar so is die lewe seker ook, saam-saam is dit beter, en is die swaarkry dan tog net een vals noot lank.”
Dis soos dié plek, sê ’n man van Nomzamo wat help opskep. “Hiesa maak dit nie saak waar jy vandaan kom of wie of wat jy is nie, want ons is ammel arm. Kyk nou,” sê hy en beduie in die rigting van hul uitbeelding van die geboorte van Christus. “Maria en Jesus se mense is van Malawi en Josef syne van Zimbabwe en die drie skawagters is bruin mense. Maar so sleg soos dit mag klink, is ons één in ons armte, som meer armder as anner en som vir meerdere dae in ’n maand as anner. Maar dan kom kry jy dié plek op ’n dag soos vandag en jy kan jou even imagine dis hoe onse land moet wees. Die mense van die dorp kom trek saam in die township, kom skuif hulle se voete onner onse tafels in, sonner bangte, en ons eet saam uit mekaar se hanne uit. Nee, ek sê altyd, dié land het nog ’n hart, maar ons kyk hom soms aspris mis. Is mos seker lekkerder om net sy sleg kant te wil sien.”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
'N SUID-AFRIKAANSE VERHAAL
Dis hoe onse land moet wees
ANASTASIA DE VRIES skryf oor ’n skreeuende bybie in ’n krip vol strooi in die township Nomzamo naby die strand, oor ’n witkopkind wat ’n vreemdeling se gees huis toe gelei het, en ’n outistiese kind wat sy ouma geleer het om met haar oë te luister.
Deel
VIR ’n ruk het die township Nomzamo naby die Strand Betlehem kom word. Huis van brood. Stad van Dawid. Daar was ’n stal en ’n skreeuende bybie in ’n krip vol strooi, drie gemaskerde skaapwagters wat al hul dae met skaap en staf het, ’n engel met ’n afvlerk en ’n vaal vlakhond, wat glo aan niemand en aan almal behoort, by Maria se voete. Die Jesus-kind is haar pasgebore broertjie. Hy hou op huil as sy hom met haar blou sluier koel waai. Josef kniel eenstryk, oë styf toegeknyp, hande plegtig in gebed gevou.
’n Vrou lees die Kersverhaal in Afrikaans voor, ’n man in Xhosa. Dit was Kersdag, die tafels gedek vir enkelouers en hul kinders, kinders aan die hoof van hul huishouding en ouers hopelik net in hierdie dae van hul kinders verlaat. Ons lag toe die laaste note van die Kersgesang wegsterf. So ’n saamsingery help darem, sê iemand toe ons agter die opskeptafels stelling inneem, veral as almal nie ewe nootvas is nie. “Maar so is die lewe seker ook, saam-saam is dit beter, en is die swaarkry dan tog net een vals noot lank.”
Dis soos dié plek, sê ’n man van Nomzamo wat help opskep. “Hiesa maak dit nie saak waar jy vandaan kom of wie of wat jy is nie, want ons is ammel arm. Kyk nou,” sê hy en beduie in die rigting van hul uitbeelding van die geboorte van Christus. “Maria en Jesus se mense is van Malawi en Josef syne van Zimbabwe en die drie skawagters is bruin mense. Maar so sleg soos dit mag klink, is ons één in ons armte, som meer armder as anner en som vir meerdere dae in ’n maand as anner. Maar dan kom kry jy dié plek op ’n dag soos vandag en jy kan jou even imagine dis hoe onse land moet wees. Die mense van die dorp kom trek saam in die township, kom skuif hulle se voete onner onse tafels in, sonner bangte, en ons eet saam uit mekaar se hanne uit. Nee, ek sê altyd, dié land het nog ’n hart, maar ons kyk hom soms aspris mis. Is mos seker lekkerder om net sy sleg kant te wil sien.”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Dis ’n tyd van wag en afwag. Vir beter dae.
Eeufeesviering van ’n woordman
Toe ’n mens se tyd jóú tyd was
Hoop op ’n huis, ’n missepaalhuis
Eers dán weet jy jy’s menshonger
Deel
-
Deel
Anastasia de Vries
Bydraende redakteurAnastasia is dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, skryf soms, haar hartsgrond is in Ravensmead se lane en sy is mateloos verlief op haar studente, veral die eerstejaars.