Alien akkedisse en mistastings

VERBLUFFENDE TRIVIA

Alien akkedisse en mistastings

Word ons, soos 12% van millenniërs glo, deur buiteruimtelike akkedisse regeer? Dalk wel, as mens kyk na die reptielagtige voorkoms van onder andere die Britse koningshuis, Trump, Boris Johnson, Putin, en selfs Zuma, sê DEBORAH STEINMAIR.

DIS altyd die terloopse weggooifrase aan die einde van nuusbulletins wat my laat regop sit, die nisnuus, die verbluffende trivia. Soos dat 12% van millenniërs glo ons word deur buiteruimtelike akkedisse regeer.

Mmmm, in hierdie dae klink niks meer vir my vergesog of belaglik nie. Lees ’n mens die halfgeletterde komplotteorieë van mense soos die selfverklaarde siener Sluier de Ridder op Facebook, verstaan jy dat die mens nie inherent redelik is nie. Ons is vol kak en pis, bygeloof, toorgoed, fabel en fantasie. Ons glo graag ses onmoontlike goed voor ontbyt. Sluier noem homself ’n Plandemic Activist.

Met dié dat die sogenaamde werklikheid toenemend dik vir ’n daalder raak, lok en wink die haasgat. In die klein ure van die nanag begin die alien akkedis-teorie vir my sin maak. Hoe anders verklaar jy die koelbloedige magsjagsheid en ongebreidelde hebsug, die korrupsie en wreedheid van wêreldheersers? Ek sou bitter graag wou glo ons behoort nie tot dieselfde spesie nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.