Drie geniusse gaan op ’n dieet

WIK EN WEEG

Drie geniusse gaan op ’n dieet

Hoe is dit dat slim mense keer op keer sulke dom keuses kan maak, wonder VIV VERMAAK. Dis dalk hoekom sy en haar twee intelligente vriende elke jaar met dieselfde Nuwejaarsvoornemens sit. Maar dié jaar gaan anders wees ...

DIE gekombineerde IK van die drie mense op die foto hierbo is 483. Ons meet elk in die top-1% van IK-tellings en word as “hoogs begaafd" gekategoriseer. Saam het ons meer kennis oor kos en oefening as waaroor die meeste huisdokters beskik. Tog het ons elke jaar dieselfde voornemens: om gewig te verloor. Elkeen het ’n intreevlak-eetprobleem: suiker, drankies of jojo-diëte. Hoekom neem slim mense sulke onwyse besluite? Toe ek oor Nuwejaar by my skrander vriende kuier, vra ek hulle sommer self.

Garth Zietsman is die slimste man in die land. Letterlik. Die ou met die hoogste IK. Hy is ’n volwaardige genie, betrokke by Mensa (die grootste en oudste IK-vereniging ter wêreld), ’n statistikus en ’n seleb in intellektuele kringe. Hy beoog om ook die sterkste man in die land te word. Hoekom? “Want dis cool,” antwoord hy. “Wie wil nou nie swaar goed kan optel nie?” Wie, inderdaad?

Garth is ’n toegewyde gewigopteller en bestee twee uur per dag in die Kleinmond-gim om die kompetisie in sy klas te wen. “Ek doen dit, want ek kan. En ek hou daarvan om te verbeter,” sê hy...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.