John Miles: Die rimpeleffek van ’n verontregte individu

UIT DIE ARGIEF

John Miles: Die rimpeleffek van ’n verontregte individu

Kort voor John Miles se roman Kroniek uit die doofpot voltooi is, het KOOS PRINSLOO en RYK HATTINGH hom besoek en hierdie onderhoud gedoen, wat in 1990 in Vrye Weekblad verskyn het.

  • 19 Januarie 2022
  • Mense & Kultuur
  • 15 min om te lees
  • artikel 8 van 10
  • Koos Prinsloo & Ryk Hattingh

Miles: Man, as jy die vraag só stel, besef ek die boek is reeds geskryf. Dis ’n herhaling. Jy sal onthou dat Hermans gesê het jy skryf altyd dieselfde boek oor. In dié opsig is die roman, wat ek noem Kroniek uit die doofpot, ’n herhaling van Blaaskans.

Die dokumente wat as uitgangspunt, as basis gebruik is, is prokureurslêers. Die roman is gebaseer op iemand wat die slagoffer van intimidasie was. Ek het twee en ’n half jaar gelede dié stel lêers bekom – dit is iets wat die laaste tyd baie in die nuus was en hou verband met die moordbendes. In ’n sekere sin is dit half jammer dat hy nou eers in 1991 gaan verskyn, en dat die mense wat van die ding weet en nie die roman gelees het nie, dink dit is eintlik ’n bietjie old hat.

Ek moet tog seker vir my roman in die bres tree, maar ek sou hom nie klaar geskryf het as ek gedink het dit is ou nuus nie. Ek dink ek het ’n goeie keuse gemaak toe ek besluit het om ’n roman daarvan te maak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.