‘Sabir’ vir ons kinders, vir ons gemeenskap

NIE MAAR NET NOG 'N SKOOL NIE

‘Sabir’ vir ons kinders, vir ons gemeenskap

ANASTASIA DE VRIES skryf oor ’n skool wat ’n gemeenskap is waar gehalte nie deur plek bepaal word nie. ’n Skool wat na hoogtes reik. Empatie, verantwoordelikheid, hoflikheid, deursettingsvermoë is van die waardes wat hier uitgeleef en vasgelê word.

ONS hou maar asem op dat onse 13-jarige vir graad 8 geplaas word in die skool waarvoor sy hart 100 brand. Jy weet, daai Afrikaanse een wat soveel Springbokke opgelewer het. Klonkas het sy huiswerk deeglik gedoen voordat sy ma vir die wis en die onwis by nog drie of vier ander aansoek kon doen. Laat dit tog net dáái een wees. Jy moet mooi nadink, het sy ma gesê. Dis ’n helse verandering. Maar nee, seg meester Oupatroon, hy’t vir nou genoeg ge-Engels en mens moet in elk geval nooit bang wees vir nuwe uitdagings nie. Nou ja.

Ons bly biddend dat hy ten minste net ’n plek gaan kry. Enige plek. Die konsternasie toe die skole in Gauteng verlede week moes begin ... hou hart, hou! Dis mos hoeka oor die ouers se skoolvoorkeure en die gevolglike uittog na voorstedelike skole toe dat soveel kinders nie geplaas kon word nie, het die onderwysdepartement verklaar. Nee wag, het van die ouers in verskeie nuusmedia teëgekap, hulle soek ook gehalte-onderwys vir hulle kinders, en ja, van die skole in hul woonbuurte het goeie uitslae, maar hulle sukkel steeds met hulpbronne, slegte publisiteit, misdaad en dalende standaarde. Eintlik ’n erge aanklag teen dié regering dat skole wat onder apartheid aan die agterste speen moes suig, nog in ’n demokrasie agtergestel is.

Maar die gehalte van die onderwys moenie bepaal word deur waar kinders skoolgaan nie, het die Cosas-woordvoerder Douglas Ngobeni gesê. Dalk weet hy van vele ander en dalk nie van die laerskool Pieter Langeveldt (Pieter Langeveldt Primêr, PLP) in juis ’n misdaadgeteisterde Cloetesville – die “Dal”, soos die plaaslike mense dit noem – op Stellenbosch waar gehalte nie aan plek gemeet word nie. Want dis nie maar net nog ’n skool in ’n agtergestelde gebied nie, sê Quintin Joubert, onderwysassistent en netbalafrigter. Nee, dis ’n hele gemeenskap binne ’n gemeenskap in diens van en in samewerking met die gemeenskap...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.