Gee my ’n bietjie country

JY IS TE DIERBAAR ...

Gee my ’n bietjie country

‘Moderne countrymusiek is net popmusiek met ’n aksent,’ het iemand eens gesê. Is dit ook waar van Afrikaanse country en die pad wat dit geloop het? As selfs Laurika Rauch country sing, is dit nog die afskeepkind van Afrikaanse musiek, die nefie oor wie niemand wil praat nie? Deur ILZA ROGGEBAND.

LAURIKA Rauch is ’n ikoon. Met reg. Die stem. Die optredes. Die loopbaan wat in 1979 met alle erns vlamgevat het en deur dekades nooit werklik getaan het nie. “Kinders van die wind”, “Die mense wat ek liefhet”, “Op Blouberg se strand”, “Hot gates”. Haar opnames van ander sanger-liedjieskrywers soos Valiant Swart se “Sonvanger”, Gian Groen se “Vier seisoene kind”, Lize Beekman se “Sonneblom uit Bethlehem” en André Swiegers se “Blou”. En natuurlik treffer op treffer geskryf deur haar man, Chris Torr. Laurika is met reg die grande dame van Afrikaanse musiek.

Maar Rauch en country? Country soos in stetsons en ’n twang? Kan dit wees?

In November 2020 skryf sy op Facebook (https://www.facebook.com/LaurikaRauch): “In die vroeë tagtigs het ek Johan Wessels, oftewel Kupido of Kupie soos wat ons hom genoem het, vir die eerste keer ontmoet...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.