Moet nooit jou eie onbeduidendheid vergeet nie

TAAL IS MEER AS NET WOORDE

Moet nooit jou eie onbeduidendheid vergeet nie

Aan die vooraand van Internasionale Moedertaaldag onthou ANASTASIA DE VRIES vir Zininzi Dladlana, ’n student wat in haar moedertaal, Afrikaans, haar Xhosa-kultuur woorde gee. En sy onthou hoe haar departement vir Nelson Mandela met sy Afrikaans moes ‘help’, skryf sy.

BYNA vergete grepe uit Arundhati Roy se boek The cost of living: “To never forget your own insignificance. To never get used to the unspeakable violence and the vulgar disparity of life around you. To seek joy in the saddest places (...) To never simplify what is complicated or complicate what is simple. To respect strength, never power. Above all, to watch. To try and understand. To never look away. And never, never, to forget.”

Dit was ’n rigsnoer in my vorige lewe, toe dit maklik was om te onthou, die eie insignificance. Jy is so goed soos jou laaste storie, het jy een keer geleer en nooit weer vergeet nie. Soos menige joernalis vandag nog, het jy in toilette sit en huil oor die mense en die dinge in ’n land waarvan jy nie durf wegkyk nie. Jy kon, kan dit nie gewoond raak nie, die onuitspreeklike, onnoembare, onbeskryfbare, onbegryplike geweld van een mens teenoor ’n ander, die kru ongelykhede, die lewensvreugde en hoop wat jy soms op die mees onwaarskynlike plekke vind. Ondanks. Jy vergeet niks. Jy kyk, jy hou dop, jy neem in. Jy wil verstaan.

Maar hier waar dit te maklik is om meegesleur te word deur eiebelang, het vergeet alte gou ’n welkome geriefie geword, was dit ter wille van die “goeie orde” net soveel beter om te swyg oor dit wat nog te dikwels agter die onskuld van taal, agter woorde verskuil lê. Die uitsluiting, die bloedlose geweld waarmee mense onsigbaar gemaak word, hoe ongelyke verhoudings in en deur taal in stand gehou word, die mag van ’n dikwels onuitgesproke “ik heb gezegd!”. Iets wat genadiglik uit my vorige lewe oorgebly het. Om te luister hoe woorde gebruik word, stemtoon, liggaamsbewegings, om te luister na die oë, die subtielste van gesigsuitdrukkings, die stiltes, hul uitwerking op die toehoorders en veral na dit wat diegene aan die ontvangkant nie hardop durf sê nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.