As jy suinig is, knyp jy dalk meer as net geld vas

GELDSAKE

As jy suinig is, knyp jy dalk meer as net geld vas

Ons ken almal iemand wat neem en nooit, ooit ’n duit gee nie. MARIAN VAN WYK was amper simpatiek toe sy lees suinigheid kan die hartseer gevolg wees van traumaties streng toilet-afrigting in die vrek se kleuterjare. (Oukei, die waarheid is sy kon nie ophou lag* nie.)

“JAMMER, Mevrou, die dorp se water is af,” sê die gawe kelner toe ek warm sjokolade by die George-lughawe se Wimpy probeer bestel. Dis bibberkoud, en die reis met my kollega was allermins voorspoedig, want ons is al meer as 24 uur in dieselfde klere. Maar daardie storie hou ek terug soos ’n suinegerd sy sente as dit by parkeerwagte en kelners kom.

En só gebeur dit dat ek op ’n 12°C-winterdag in die Wimpy oorkant iemand sit wat aan ysblokkies suig, net daar by die tafel waar ek ontbyt wil eet. Want sien, einste Meneer Ysblokkie wou kraanwater bestel, sy “demokratiese reg” soos hy gereeld verduidelik. Niks verkeerd daarmee nie, maar die lughawe is sonder water, en te oordeel na die toestand van die badkamers al geruime tyd. Gevolglik is die enigste vloeistofopsie die soort waarvoor mens jou beursie uithaal. Dis nou regtig uithaal, nie net raak-raak aan jou broeksak wanneer jy maak of jy jou beursie wil uithaal nie.

Die beursies van diegene wat so vat-vat aan die broeksak maak dit selde tot in die buitelug. Dis daai ou, of vrou, wat lank gaan teug aan die laaste bietjie drank onder in die glas wanneer dit sy beurt is om ’n rondte te koop...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.