SOOS ons outydse mense sal sê: Ons dorp het gearriveer; ons is op die kaart. Ja, ons het pas ons eerste boekefees gehad.
Die hooforganiseerder en inkomeling, Elna van der Merwe, het gou begin om die gesoute en ingeligte dorpenaars nader te hark. Sy kry mense om te help met die klankwerke, toiletreëlings, finansies en parkering. Om nie te praat van die roosterkoekbakkers nie. Die geleentheid om met groot name skouers te skuur klink vir my erg aanloklik. En toe is my naam dadelik op haar lysie medewerkers.
Vroegoggend sit ek saam met die kaartjieverkopers by die deur van die Baptiste-kerksaal, wat ’n lieflike uitsig op die Goukourivier en seemonding het. Die tou word al hoe langer. Mense soos Max du Preez, Eben Venter, Ingrid Jones en Marita van der Vyver stap ook verby. Dit voel eienaardig om die skrywers wat ek so bewonder so van naby en in lewende lywe te kan sien...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.