NET nou die dag praat ek met ’n Britse tannie. Sy’s pienk in die gesig en gaaf. Sy lag vir Boris Johnson en sê hy gaan maak dat sy vir die sosialiste stem. Sy’t ’n woonstel in wat dalk die beste en duurste blok in die dorp is. Dis danksy die swak rand en die sterk pond. En terwyl sy praat, besef ek: Sy’s kommin. En dis hoekom ek van haar hou.
Kommin mense raak al hoe skaarser. Is dit die gevolg van die internet of malls? Of word mens se kommingeit ingesluk elke slag as jy by die kitsbank ’n paar rand trek?
Ek sukkel om te dink aan iets wat kommin is. Okay, daar is nog mense wat aandring om in hulle klein karretjies te rev voor seefront-restaurante. En daar is soapies en poniekoerante. Maar ons plaaslike poniekoerante is heel ordentlik. Dis die Britse weergawe wat kommin is. Ag, ek mis kommingeit...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
’n Irma Stern en towerpiepie vir brekfis