Die dinge van mens teen mens

‘RASSIEJIN’ TEEN ‘BOOR’

Die dinge van mens teen mens

ANASTASIA DE VRIES vertel van haar ‘Rassiejin’ buurvrou in Nommer Sewe wat by haar kom ‘peace’ soek nadat die ‘Boor’ in Nommer Ag haar aangesê het om terug te gaan na haar ‘war-mongering’ country.

NOMMER Ag en Nommer Sewe sit al weer aanmekaar. Die dag is nog jonkies, dis skaars nege-uur, en klaar staan dit boemstyf van baklei. Ek steur my nie aan hulle nie. Die woede in sy ag-pleez-dêddie-aksent en dié in haar een-woord-Engels-stringe-Russies vat gewoonlik vinnig vlam en loop dan net so vinnig uit op hom wat heeldag in sy tuin loop en knor en sy wat die hartseer ballades in die stemme van ’n duisend mans kliphard aandraai.

Vandag is dit anders. Fakkieng Rassiejin, vuur hy die eerste skoot. Die wederskeldwoord tussen die kartetse onverstaanbares was onmiskenbaar. Boor. Die “r” tril soos ’n gifpyl wat die kol van ’n helse afstand af getref het. Nommer Ag se Mômmie tree toe tot die stryd. Moeilike antie, het ek geweet toe ek pas hier ingetrek het. Hy’s al diep in die sestig but nobody go mêssin wif my boytjie. Go back to your war-mongering country, sê die antie. Ek lag, ek dog ek hoor “whore-mongering” uit daai pruimmondjie. Nommer Sewe, she be de fakkieng Rassiejin vir die tweede maal op een oggend se kaalvoete dreun soos boetse op die teerpad. Fôkkien boor, sis sy. Hier kom oorlog, dink ek toe ek my hek ooppluk en haar probeer wegkeer.

Come for peace, sê sy toe sy saam met my na my huis toe stap. Sy sê dit altyd wanneer sy en haar man mekaar met woorde toetakel en sy daarna aan my hek kom klop. Come for peace, sê sy dan. Come, sê ek en verwonder my elke keer aan hoe ek al haar staccato manier van praat oorgeneem het. Seker van toe ek haar wou aanraai om hulle deure en vensters toe te maak wanneer sy en haar man mekaar met woorde toetakel, ten aanhore van die hele buurt. No matter, het sy gesê, no understand Russian. Toe weet ek nie hoe om vir haar te verduidelik woede ken nie taal nie. No matter, het ek gesê, understand anger. Sy het vir my gekyk, haar kop geknik en voortgebruis...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.