DIE laaste student wat ek deur die wiskunde van Namibië se basiese onderwysdiploma (BETD) vir ongekwalifiseerde onderwysers gehelp het, was Jacob Undari. Hy was die enigste student in sy jaargroep; dus het ons ’n hegte verhouding opgebou.
Jacob was ’n Himba en was in die weermag voor Namibië se onafhanklikheid. Nie Swapo (die South West Africa People’s Organisation) nie, maar ’n lid van die Suidwes-Afrika-gebiedsmag – dus aan die verkeerde kant.
Hy was nog ’n tiener toe hy daar as spoorsnyer begin het. Ná die oorlog was hy werkloos en sonder enige skoolopleiding. Hy skryf hom toe as 29-jarige in by Non-Formal Education (NFE) se geletterdheidsklasse vir graad 1. Ses jaar later maak hy graad 12 klaar by die Namibian College for Open Learning (Namcol)...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.