DIE Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) besef dalk nie hoeveel kaartjieverkope op die Kaapstadse suidelike spoorlyn aan Lorenzo Davids se aktivisme vir openbare vervoer te danke is nie.
Sedert die diens laat verlede jaar herleef het, en met die verslapping van Covid-inperkings, het Davids sy meer as 12,000 Twitter-volgelinge aangemoedig om die trein te gebruik. Soos toe hy die “200%-toename” gevier het toe twee ander passasiers by hom op die Plumstead-stasie aangesluit het vir die oggendpendel na die stad.
Davids het die afgelope drie maande konstant op Twitter gewys op die spooragentskap se pogings om sy diens reg te ruk. Die aantal pendelaars op die suidelike lyn het sedert einde Januarie van enkeles tot in die honderde gespring...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.