Valerie Desmore: onder die vel van die vraagteken-vrou

AANWESIG / AFWESIG

Valerie Desmore: onder die vel van die vraagteken-vrou

Valerie Desmore was ’n kunstenaar wat voortdurend misgekyk is – in Suid-Afrika én in haar aanneemland, Engeland. Sy was ook ’n bruin vrou met ’n ligte vel wie se gesin al die geweld van rassediskriminasie beleef het. Nou is haar werk te sien in die uitstalling When Rain Clouds Gather: Black South African Women Artists, 1940 – 2000. ANASTASIA DE VRIES vertel haar storie.

SY is die aanwesige afwesige. Aanwesig. Afwesig. Die een wat nie is wat jy dink sy is nie. Sy is kunstenaar, mode-ontwerper, byna twee dekades vir Marks and Spencer.

Oor haar het die wêreldwye web maar min te sê. Gebore in die Kaap in 1925, volgens Google dag en datum onbekend, sterf op 14 Augustus 2008 in Londen. Haar ouers was onderwysers; haar pa Abe J.B. Desmore, voorste intellektueel met ’n meestersgraad in die onderwys van die Columbia-universiteit en lid van die African Political Organisation, later bekend as die African People’s Organisation (APO), wat in 1902 in die Kaap gestig is. Die gesin emigreer in 1946 na Engeland, waar sy kuns aan die Slade School of Fine Art studeer, en daarna in Wene by Oskar Kokoschka, onder meer bekend vir sy invloed op die Weense Ekspressionisme.

Sy is Valerie. Valerie Elizabeth Desmore. Een van die 40 swart vroue wie se kuns tot Januarie volgende jaar in die Norval Foundation se galery in Tokai te sien is in die uitstalling When Rain Clouds Gather: Black South African Women Artists, 1940 – 2000, onder kuratorskap van Portia Malatjie en Nontobeko Ntombela...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.