Kook met koffie

BAIE GRADE VAN KOFFIEWEES

Kook met koffie

Koffie is nie net vir drink nie, sê LIENTJIE WESSELS. Sy het met koffie in kos begin eksperimenteer en deel hier van haar resepte vir 'n nuwe boek waaraan sy en haar uitgewer, Annake Müller, in die grendeltyd begin werk het.

KOFFIE is nie net bitter of soet nie. Tussenin is daar baie grade van koffiewees. My eie reis het met my ma se kitskoffie begin, maar gelukkig is ek heel jonk bekeer tot the real thing.

Ek het op hoërskool begin met gereelde cappuccino's by Annabelle’s in Sunnyside, Pretoria. Dit was reg langs die ikoniese Exclusive Books, die uithangplek van mense wat as ernstig en ingelig beskou is. Natuurlik was dit in die tyd voor Wikipedia en alle ander soekenjins en toe mens in boekwinkels en biblioteke gaan soek het as jy iets spesifieks wou weet of wou bybly met kunsgebeure. Dit was ook in die dae toe ek meer koffie as wyn gedrink het en soos die meeste tieners en jongmense in Sunnypark uitgehang het, want dit was die hoogtepunt van koel.

Ek het vandag nog ’n groot liefde vir ’n goeie cappuccino wat tot sy koffieglorie kom in die hande van ’n behendige barista. Jy moet die liefde en die passie in daai koppie kan proe – nie almal het die talent nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.